Publicatiedatum: 4 april 2018

Lezing: Waarom praat ons almal nie maar net Engels nie?

Lezing door Prof. Wannie Carstens van de Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika: 'Why don't we just all speak English?' (Waarom praat ons almal nie maar net Engels nie?). Deze lezing wordt georganiseerd door het Centre for Language Studies.

 
Suid-Afrika is sedert 1994 in ʼn tyd van oorgang – op verskeie vlakke. Enige persoon wat die nuus oor gebeure in SA volg, sal hiervan bewus wees. Dit raak egter ook taal, en nie net politiek en sosio-ekonomiese aangeleenthede nie.
SA het ʼn komplekse taalbeleid, want die land het naamlik elf amptelike tale. Talle mense vra inderdaad die vraag: Hoe kry julle dit reg om mekaar te verstaan? Is die oplossing vir die potensiële taalverwarring nie dan maar eenvoudig dat almal Engels praat nie?
In die lesing sal ek kortliks verduidelik wat die taalopset in die land behels: beleid, beleidsbeginsels, sprekers van tale, probleme wat ervaar word. En dan sal ek argumenteer waarom Engels juis nié die aller oplossing is nie.
 
Prof. Wannie Carstens het aan die einde van 2017 aan die NWU (Potchefstroom) afgetree as professor in die Afrikaanse taalkunde. Hy bly betrokke by die NWU as buitengewone professor in die navorsingseenheid oor tale en literatuur. Hy was lank direkteur van die Skool vir Tale op hierdie kampus. Hy dien of het gedien op verskeie liggame wat Afrikaans raak, o.a. as stigterslid en eerste voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR; 2008-2011), voorsitter van die Raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (2011-2014), asook voorsitter van die Raad van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (2011-2014). Hy was ook ondervoor¬sitter van die Raad van PanSAT (2014-2016). Hy is tans gasdosent in Afrikaanse taalkunde aan die Universiteit van Leiden (Februarie – Mei 2018) en teen die einde van die jaar sal hy ook doseer in Gent. Hy was betrokke by verskeie samewerkingsooreenkomste tussen universiteite in SA en in die Lae Lande.
Datum en tijd: donderdag 19 april, 13:30 – 14:30 uur
Plaats: Erasmusplein 1, 6525 HT Nijmegen, zaal E 9.14 
Aanmelden: vóór 17 april via cls@let.ru.nl.
Voor meer informatie: klik hier of stuur een mail naar prof. Nicoline van der Sijs, n.vandersijs@let.ru.nl.